Werner de Bruyn is nie baie beindruk met volwassenes en spesifiek sy Afrikaanse onderwyser mnr. “Grompie” van Rooyen se gedurige sedelessies nie. ’n Verdere pyn is sy ma wat telkens ’n nuwe idee entoesiasties aangryp en dit voluit navolg. Op ’n dag hoor sy dat, om na barokmusiek te luister,
jou konsentrasie kan verbeter. Toe sy besluit dat Werner dit moet op die proef stel, ontdek hy (teensinnig), dat hy sommer baie van die musiek hou.
Grompie het in ’n klas genoem dat alle mense baie ver onder hul vermoëns presteer, gewoonlik as gevolg van gebrek aan konsentrasie.Uit Werner se eksperimente met konsentrasie onder invloed van die musiek ontdek hy tot sy verbasing dat hy in staat is on te sweef. Dit lei tot groot avonture maar ook tot die besef dat besondere gawes met baie verantwoordelikheid gepaard gaan.

Kort Biografie Pieter van Eeden:

Pieter het groot geword in een van die droër dele van die land, soms genoem die “Kalahari bosveld.” Dalk is dit die rede vir sy droë sin vir humor
Pieter het die grootste deel van sy volwasse lewe in die inligtingstegnologie
afdeling van een van die grootste bankgroepe deurgebring.
Na sy vervroegde aftrede is hy gemoeid met die bestuur van ’n klein rekenaarstelselontwikkelings maatskappy. Pieter is ’n geesdriftige vlieghengelaar en geniet die buitelewe. Hy geniet dit baie om sy enigste kleinkind met stories te vermaak. As gevolg van sy vermoë om grappe werklik goed te vertel is Pieter gesog as seremoniemeester op familie en vriende se troues en ander sosiale aangeleenthede. Pieter is die outeur van ’n bundle engelse kortverhale “An Airtight Alibi” wat sy vermoë om stories met ’n kinkel in die kabel te vertel ryklik demonstreer.


Author: Pieter van Eeden

Write a review

Note: HTML is not translated!
    Bad           Good
Captcha

Daar Vlieg Die Paddaman eBook

  • R50.00


Related Products

Daar Vlieg Die Paddaman PaperBack

Daar Vlieg Die Paddaman PaperBack

Werner de Bruyn is nie baie beindruk met volwassenes en spesifiek sy Afrikaanse onderwyser mnr. “Gro..

R155.00

Tags: Adventure